Plint poëzieposter Ek wil - Antjie Krog

€ 13,50
Artikelnummer: Plint 1110
Verzendkosten: € 5,00
/upload/1258/shop/bestelknop_85_boekhandeldewijdewereld-groningen.gif
ek wil

ek wil jou so graag gelukkig maak
ek wil vir jou verse skryf
sober en soepel soos jouself
ek wil vir jou sing
snags terwyl jy slaap
ek wil myself vir jou gee
stil soos 'n koorsboom
soet en oop soos mispels
soos mopanies in die herfs
soos maroelas in die somer
bruin en heel soos kremetart
vurig soos die bloeiende handjies van 'n kafferboom
ek wil jou so graag iets gee wat jy kan saamdra
wat by jou sal bly soos 'n klein warm akkedissie
eendag as jy oud en allenig in die son sit.
 
Tekst: Antjie Krog
 
Beeld: Tom Frenken
 
80 x 60 cm
 
Meer bestanden:
Powered by webXpress